Die Maanvis (Mene maculata) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Durban. In Engels staan die vis bekend as die Moonfish.
Voorkoms duimnael|links|200px|Gesoute Maanvis, Mene maculata, besig om te sondroog in Muara Angke, Jakarta. Die kop en lyf is silwer en die rugkant van die vis is blou-groen gekleur met drie rye donker kolle op. Die vis word 25 cm groot.
Habitat Die onvolwasse vissies eet soöplankton en die volwasse visse eet skaaldiere. Die vis kom in skole voor en is gewilde voedsel in Indië en Asië.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Verwysings
Eksterne skakel
http://fishbase.org/summary/Mene-maculata.html
Kategorie:Beenvisse