Die Silwer sillago (Sillago sihama) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee, die Persiese Golf, die Comore, Madagaskar en aan die ooskus van Suid-Afrika suidwaarts tot by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Silver sillago.
Voorkoms Die vis se kop en lyf is silwerig met 'n goue tint en die vinne is deurskynend. Die vis word tot 35 cm groot.
Habitat Die vis verkies beskermde water met sanderige bodems om in te leef. Hulle eet wurms en skaaldiere. Die vis kom in skole voor.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Sillago-sihama.html
Kategorie:Beenvisse