Die selakante (Latimeriidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Coelacanthiformes behoort. Daar is slegs een genus met twee spesies in die familie. Een van die soorte kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Agtergrond Hulle lywe is stewig gebou en bedek met groot benerige skubbe wat oorvleuel. Die stertvin is breed en gerond. Die eerste dorsale vin is beweegbaar. Die rugstring is hol.
Genus Die volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Latimeria Latimeria chalumnae - Afrika-selakant
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Kategorie:Vleisvinvisse