Scorpaenidae is 'n visfamilie wat tot die orde Scorpaeniformes behoort. Daar is sestig genera met minstens vierhonderd spesies wat tot hierdie familie behoort. Vyftig van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke duimnael|links|'n Steenvis (Synanceia verrucosa) in 'n openbare akwarium. Die lywe is redelik plat met groot koppe, en skubbe kan aanwesig of afwesig wees. Daar is gewoonlik 'n klomp stekels of penne rondom die kieuedeksel. Hulle grootte wissel van 5 – 50 cm. Hulle is lokval roofvisse en eet vis, skaaldiere en seekat.
Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Dendrochirus Dendrochirus zebra - Sebra-kalkoenvis
Helicolenus Helicolenus dactylopterus - Jakopewer
Parascorpaena Parascorpaena mossambica - Goue skerpioenvis
Pterois Pterois antennata - Breëbalk-vuurvis Pterois miles - Duiwelvuurvis Pterois radiata - Straal-vuurvis
Rhinopias Rhinopias frondosa - Peuloog-skerpioenvis
Sebastapistes Sebastapistes cyanostigma - Geelspikkel-skerpioenvis
Scorpaenopsis Scorpaenopsis diabolus - Valssteenvis Scorpaenopsis venosa - Lappies-skerpioenvis
Synanceia Synanceia verrucosa - Steenvis
Taenianotus Taenianotus triacanthus - Papiervis
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Kategorie:Beenvisse