Die witrand-klipkabeljou (Epinephelus albomarginatus) is 'n vis wat endemies is aan Suid-Afrika en van die suide van Mosambiek tot Oos-Londen voorkom. In Engels staan die vis bekend as white-edged rockcod.

Voorkoms Die vis se kop, lyf en dorsale vin het bruin kolletjies op. Die pektorale- en bekkenvinne is geel en die anale en stervinne het 'n wit rand op. Die vis word tot 82 cm lank en 13 kg swaar.

Habitat Die witrand-klipkabeljou leef in koraalriwwe en rotsagtige bodems in water wat 10–120 m diep is. Hulle eet ongewerweldes wat op die bodem leef, vis en tjokka. Die visse is hermafrodiete. Die wyfies skiet kuit van Oktober tot Februarie in die noorde van KwaZulu-Natal. Dit is 'n gewilde eetvis en word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Epinephelus-albomarginatus.html

Kategorie:Beenvisse