Die Springboontjie (Centropyge acanthops) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan en aan die ooskus van Suid-Afrika vanaf Oman tot by Algoabaai. In Suid-Afrika staan die vis bekend as die Jumping bean en globaal as die Orangeback angelfish.
Voorkoms Die anale vin en die grootste gedeelte van die liggaam is donkerblou en die kop, bors, dorsale vin en boonste gedeelte van die liggaam is oranje-geel. Daar is 'n blou ring rondom die oog. Die vis word net 8 cm groot.
Habitat Die vis leef in koraalriwwe, getypoele in water wat 8 – 40 m diep is. Hulle eet hoofsaaklik alge en is ook hermafrodiete. Die vis is 'n gewilde akwarium vis.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Centropyge-acanthops.html
Kategorie:Beenvisse