Die Halfsirkel-engelvis (Pomacanthus semicirculatus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Margate. In Engels staan die vis bekend as die Semicircle angelfish.
Voorkoms Die vis se dorsale en anale vinne het punte aan die einde. Die vis is gryserig geel met verskeie blou kolletjies op die lyf. Al die vinne het blou rante om. Die onvolwasse vissies is donker van kleur met wissellende blou en wit halfsirkel lyne oor die lyf. Die vis word net 40 cm groot.
Habitat Die vis kom voor by skeepswrakke of koraalriwwe naby grotte in water wat 1 - 40m diep is. Die vis kan in akwariums oorleef.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Pomacanthus-semicirculatus.html
Kategorie:Beenvisse