Die Engelvisse (Pomacanthidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Daar is sewe genera met 83 spesies in hierdie familie en twaalf soorte kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die familie is van die mooiste koraalvis en die onvolwasse vissies se kleur verskil drasties van die volwassenes. Die grootte wissel van 8 – 46 cm. Die Pomacanthus en Apolemichthys genera is hoofsaaklik bodembewoners terwyl sommige spesies van Centropyge en Genicanthus hermafrodieties is.

Genera Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Apolemichthys Apolemichthys kingi - Tier-engelvis Apolemichthys trimaculatus - Driekol-engelvis

Centropyge Centropyge acanthops - Springboontjie Centropyge bispinosa - Koraalmooie Centropyge multispinis - Donker-engeltjie

Genicanthus Genicanthus caudovittatus - Swaelstert-engelvis

Pomacanthus Pomacanthus chrysurus - Goudstert-engelvis Pomacanthus imperator - Keiserengelvis Pomacanthus rhomboides - Ouvrou Pomacanthus semicirculatus - Halfsirkel-engelvis

Pygoplites Pygoplites diacanthus - Koninklike engelvis

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse