Die Donker engeltjie (Centropyge multispinis) is 'n vis wat voorkom in die Indies-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Dusky cherub.

Voorkoms Die lyf en vinne is donkerbruin met 'n swart vlek agter die kieuspleet en nou donker strepe op die sye. Die rante van die anale- en bekkenvinne is blou. Die onvolwasse visse is lig bruin met vier donker vertikale strepe oor die lyf. Die vis word net 15 cm groot.

Habitat Die vis leef in koraalriwwe, getypoele in water wat 1 – 40 m diep is. Hulle is alleenlopers en eet hoofsaaklik alge. Die vis kan in akwariums oorleef.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Centropyge-multispinis.html

Kategorie:Beenvisse