Die Driesterte (Lobotidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is slegs een genus met twee spesies wat hoort tot dié familie en een van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke Die enigste opvallende kenmerk van die familie is die feit dat die dorsale- en anale vinne verby die basis van die stertvin gaan en dit lyk asof die familie drie sterte het. Hulle kom in al die oseane voor.
Genus Die volgende genus en spesie kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Lobotes Lobotes surinamensis - Driestert
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Kategorie:Beenvisse