Die Gladde fluitbek (Fistularia commersonii) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Mosselbaai. In Engels staan die vis bekend as die Smooth flutemouth.

Voorkoms Die vis se lyf is slank en glad met geen riwwe op die dorsale gedeelte nie. Die oog se pupil is ovaalvormig. Daar is 'n dorsale vin, anale vin en pektorale vinne teenwoordig. Die lyf is olyfgroen aan die sye en die bokant en wit aan die onderkant met 'n paar blou lyne of blou kolletjies wat op die sye voorkom. Die vis kan tot 1,2 m lank word.

Habitat Die vis verkies vlak riwwe en seegrasbeddings om in te leef en is al opgemerk op 'n diepte van 128 m. Hulle eet ander vis bv. bontpalings, slangpalings, kardinaalvisse, sardyne en ook garnale. Die vis is eetbaar.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel Fistularia commersonii by Fishbbase.

Kategorie:Beenvisse