Die Garnaalvisse (Centriscidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Syngnathiformes behoort. Daar is twee genera met vier spesies in hierdie familie. Een van die soorte kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die familie se lywe is lank en plat, soos 'n lemmetjie. Die rug is gebuig sodat die dorsale vin in die plek van die stertvin is en die stertvin is laer af, amper waar die anale vin normaalweg is. Die familie het geen tande in die mond nie. Die maksimum grootte is 16 cm.

Genera Die volgende genus en gepaardgaande spesie kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Aeoliscus Aeoliscus punctulatus - Garnaalvis

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse