Die Fluitbekke (Fistulariidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Syngnathiformes behoort. Daar is slegs een genus met vier spesies in hierdie familie. Twee van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke Die lyf en snoet is ongewoon lank en die snoet is pypvormig. Skubbe is normaalweg afwesig of verminder tot klein knoppies aan die lyf. Die stertvin is gevurk met die middelste gedeelte wat in 'n lang punt eindig. Die grootte wissel van 1.2 tot 1.5 m.
Genus Die volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Fistularia Fistularia commersonii - Gladde fluitbek Fistularia petimba - Geriffelde fluitbek
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Verwysings
Kategorie:Beenvisse