Die Seebabers (Ariidae) is 'n visfamilie van die orde Siluriformes. Dit bevat 14 genera met minstens 124 spesies. Vier van die spesies word aan die Suid-Afrikaanse kus aangetref.

Kenmerke Die indiwidue van hierdie familie is ongeskub en die strale van die eerste dorsale vin en pektorale vinne is giftig. Die stertvin is gevurk. Daar is twee baarde (stekels) op die bokaak en vier aan die onderkaak. Die grootte wissel van 30 – 60 cm. Hulle kom voor in sout-, brak en varswater. Hulle vleis is eetbaar.

Genus Die volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Galeichthys Galeichthys ater - Swartseebaber Galeichthys feliceps - Witseebaber Galeichthys trowi - Natalse seebaber

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse