Judy Garland (Frances Ethel Gumm; 10 Junie 1922 - 22 Junie 1969) was 'n Amerikaanse aktrise en sangeres. Sy is hoog aangeslaan vir haar veelsydigheid en het onder meer 'n Juvenile Award, Golden Globe- en Grammy-pryse en 'n Spesiale Tony-toekenning gekry.

Garland is ook vir verskeie ander pryse benoem, onder meer vir Academy Awards vir beste aktrise in die herproduksie van A Star is Born en beste vroulike byspeler vir haar rol in die 1961-rolprent Judgment at Nuremberg. Op die ouderdom van 39 het sy die jongste ontvanger geword van die Cecil B. DeMille-prys vir haar lewenslange bydrae tot die rolprentbedryf.

Loopbaan Ná optredes in vaudeville-produksies saam met haar twee ouer susters is Garland as tiener deur Metro-Goldwyn-Mayer ’n kontrak aangebied. Sy het in meer as twee dosyn rolprente vir hulle opgetree, onder meer in nege saam met Mickey Rooney en in die 1939-film waarmee sy die meeste verbind sou word, The Wizard of Oz.

Ná 15 jaar is sy vrygestel van haar kontrak, maar het hernieude sukses behaal deur konsertoptredes wat nuwe rekords opgestel het.

In 1997 is 'n Grammy Lifetime Achievement Award postuum aan haar toegeken. Verskeie van haar opnames is opgeneem in die Grammy Hall of Fame. In 1999 het die Amerikaanse Rolprentinstituut haar onder die tien grootste vroulike sterre in die geskiedenis van die Amerikaanse rolprentbedryf geplaas.

Persoonlike lewe Ondanks haar professionele sukses het Garland haar lewe lank persoonlike probleme gehad. Sy het oor haar voorkoms getwyfel weens regisseurs wat vir haar vertel het sy is onaantreklik en haar voorkoms op die skerm verander het. Sy het ook gereeld finansiële probleme gehad en het die belastinggaarder dikwels honderdduisende dollars geskuld.

Garland was vyf keer getroud; sy is van haar eerste vier mans geskei. Sy het tydens die grootste deel van haar loopbaan 'n stryd teen alkohol en dwelms gevoer en is op 47 jaar dood weens 'n oordosis dwelms. Sy het drie dogters gehad: Liza Minnelli, Lorna Luft en Joey Luft.

Filmografie 1929: The Big Revue 1929: A Holiday in Storyland 1929: The Wedding of Jack and Jill 1929: Bubbles 1935: La Fiesta de Santa Barbara 1936: Every Sunday, Judy 1936: Pigskin Parade, Sairy Dodd 1937: Broadway Melody of 1938, Betty Clayton 1937: Thoroughbreds Don't Cry, Cricket West 1937: Silent Night 1938: Everybody Sing, Judy Bellaire 1938: Love Finds Andy Hardy, Betsy Booth 1938: Listen, Darling, Pinkie Wingate 1939: The Wizard of Oz, Dorothy Gale 1939: Babes in Arms, Patsy Barton 1940: If I Forget You 1940: Andy Hardy Meets Debutante, Betsy Booth 1940: Strike Up the Band, Mary Holden 1940: Little Nellie Kelly, Nellie Kelly & Little Nellie Kelly 1941: Ziegfeld Girl, Susan Gallagher 1941: Life Begins for Andy Hardy, Betsy Booth 1941: Babes on Broadway, Penny Morris 1941: We Must Have Music 1942: For Me and My Gal, Jo Hayden 1943: Presenting Lily Mars, Lily Mars 1943: Girl Crazy, Ginger Gray 1943: Thousands Cheer 1944: Meet Me in St. Louis, Esther Smith 1945: The Clock, Alice Mayberry 1946: The Harvey Girls, Susan Bradley 1946: Ziegfeld Follies, The Star 1946: Till the Clouds Roll By, Marilyn Miller 1948: The Pirate, Manuela Ava 1948: Easter Parade, Hannah Brown 1948: Words and Music 1949: In the Good Old Summertime, Veronica Fisher 1950: Summer Stock, Jane Falbury 1954: A Star Is Born, Vicky Lester 1960: Pepe 1961: Judgment at Nuremberg, Irene Hoffman Wallner 1963: Gay Purr-ee, Mewsette 1963: A Child Is Waiting, Jean Hansen 1963: I Could Go On Singing, Jenny Bowman

Verwysings

Eksterne skakels

The Judy Garland Database The Judy Room

Kategorie:Amerikaanse sangers Kategorie:Geboortes in 1922 Kategorie:Sterftes in 1969 Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu