Die monnikvisse (Lophiidae) is 'n vis-familie wat in die orde Lophiiformes. Daar is 4 genera met ongeveer 25 spesies in die familie. Vyf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Visse van hierdie familie het groot monde met tande wat na binne gerig is. Die kop en die voorste gedeelte van die liggaam is plat en wyd en die voorkop het stekels, knoppe en riffels op. Daar is ook tentakels op die kop en rug aanwesig. Die grootte wissel van 30 cm tot 1,2 m. Die familie is jagters en vreet slegs ander vis.

Genus Die volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Lophius Lophius budegassa – Swartpensmonnikvis Lophius vomerinus – Monnik

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse