Polyprionidae is 'n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Daar is slegs een genus met ongeveer 2 - 3 spesies in hierdie familie. Slegs een van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Agtergrond Visse van hierdie familie het 'n langwerpige vorm en die lyf en kop is met klein skubbetjies bedek. Op die operkulum is daar 'n kenmerkende horisontale rif wat eindig in 'n kort, skerp punt. Die familie leef in water van 40 tot 650 m diepte op rotsbodems of naby skeepswrakke.

Genus Die volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Polyprion Polyprion americanus - Wrakvis

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse