Die monnik (Lophius vomerinus) is 'n vis wat endemies is aan die Suid-Afrikaanse kus en kom van Namibië tot by Oos-Londen voor. In Suid-Afrikaanse Engels staan dit as die monk bekend, en in ander lande as die devil anglerfish.
Voorkoms Die bokant van die vis is donkerbruin tot groen-grys en die onderkant is wit. Op die voorkop is daar drie stekels gevolg deur nog vier stekels bo-op die rug wat met 'n membraan verbind is, dan eers volg die dorsale vin. 'n Volgroeide vis kan tot 1 m lank word.
Habitat Die vis is 'n bodemvoeder en word van 67 tot 485 m diepte aangetref. Die wyfies skiet kuit in die somer. Die vis is goed gekamoefleer en lê op die bodem en wag op sy prooi. Die vis verbruik baie min energie en kan vir lang tye sonder kos bly. Die is vis eetbaar, slegs die agterste helfte van die vis verskyn in die vismarkte.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Lophius-vomerinus.html
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Kategorie:Beenvisse