Die witseebaber (Galeichthys feliceps) is 'n vis wat endemies aan Suid-Afrika is en kom voor van Swakopmund tot by Oos-Londen. In Engels staan die vis bekend as die White sea-catfish.

Voorkoms Die vis het nie skubbe nie en die stertvin is diep gevurk. Die vis se kleur wissel van grys of groenbruin tot bruin aan die bokant en is ligter aan die onderkant met die pens amper wit. Hulle word 55 cm lank.

Habitat Die vis verkies beskermde water en strandmere om in te leef. Hulle skiet kuit gedurende September tot Desember. Die mannetjie dra die eiers en pasgeborenes in sy mond rond vir 3 - 4 maande. Gedurende die tyd eet die vis nie en verloor tot 24% van sy liggaamsmassa. Hulle eet skaaldiere, slakke en vissies.

Die dorsale en pektorale vinne se strale is giftig en kan pynlike wonde veroorsaak. Aanbevole behandeling teen die gif is om die geaffekteerde area in warm water (50 °C) te plaas vir ongeveer 30 minute. Die vis kan geëet word.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Galeichthys-feliceps.html

Kategorie:Beenvisse