Chanidae is 'n vis-familie wat tot die orde Gonorynchiformes behoort. Daar is slegs een spesie in die familie, naamlik die Melkvis, wat wydverspreid voorkom in vlak kuswaters van die Indiese en Stille Oseane.Chanos chanos, Discover Life

Kenmerke Die enigste spesie het 'n lang liggaam en 'n diepgevurkte stert, die bekkenvin is agter die pens, en die anale vin is naby die stertvin.

Genus Die enigste spesie van die familie is teenwoordig aan die Suid-Afrikaanse suid- en ooskus.

Chanos Chanos chanos - Melkvis

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron

Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse