Die Springers (Elopidae) is 'n familie visse van die orde Elopiformes. Daar is slegs een genus met ses spesies in hierdie familie. Twee van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke Die familie se lywe is lank en silindries met 'n lang bo-kaak wat verby die oë strek. Die bekkenvin is meer agtertoe op die lyf, amper 'n pensvin en die stertvin is gevurk. Die familie word tot 1 m lank. Hulle word veral in baaie, strandmere en lagunes aangetref.
Genus Die volgende genus en gepaargaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Elops Elops lacerta - Atlantiese springer Elops machnata - Springer
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Kategorie:Beenvisse