Die Gestreepte bonito (Sarda orientalis) is 'n seevis wat aan die ooskus van Suid-Afrika voorkom vanaf Kaap St Francis noordwaarts. Die vis word 1 m lank en weeg dan 12 kg. Die kop en lyf is blougrys met 5 tot 10 donker strepe aan die bokant van die lyf. Die vis word selde van die strand af gevang.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Sarda-orientalis.html
Kategorie:Beenvisse