Die pofadder-skaamooghaai (Haploblepharus edwardsii) is endemies aan Suid-Afrika en kom voor van Saldanhabaai tot by Stormsrivier. Die haai word 60 cm lank en die twee dorsale vinne is ewe groot. Die haai is grysbruin met groterige oranjebruin kolle op. Die hele lyf is bedek met wit kolletjies. Die haai is ovipaar en lê 2 eiers op 'n keer. In Engels staan die haai bekend as Puffadder shyshark.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel Haploblepharus edwardsii by FishBase

Kategorie:Haaie