Die Grootoog-stompneus (Rhabdosargus thorpei) is 'n vis wat endemies aan Suid-Afrika is tussen Port Alfred en Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Bigeye stumpnose. Die vis word 50 cm lank en kan tot 4 kg weeg. Die kop en liggaam is silwerig terwyl die middel van die liggaam, anale en bekkenvinne geel is. Hulle kom voor langs strande en op rotsriwwe tot by water 70 m diep.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Rhabdosargus-thorpei.html http://eol.org/pages/213638/overview
Kategorie:Beenvisse