Die Josef (Callorhinchus capensis) is 'n kraakbeenvis wat endemies aan Suid-Afrika is. Die vis kom voor vanaf Namibië tot by Durban alhoewel dit selde aan die ooskus gesien word. In Namibië staan vis bekend as die Josefvis. Die vis word tot 1.2 m lank en is silwer of brons kleurig. Aan die kante en op die kop en vinne is die kleur donkerder. Die vis verkies sagte seebodems, nie dieper as 374 m nie. Wanneer die vis volwasse is groei daar 'n tentakel uit aan die voorkop wat sy Engelse naam tot gevolg het Elephantfish.

duimnael|links|Eiersak

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Callorhinchus-capensis.html

Kategorie:Draakvisse