Die Arendrog (Myliobatis aquila) is 'n vis wat aan die hele kusgebied van Suid-Afrika voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Eagle ray.
Voorkoms Die rog is donkerbruin, swart of olyfgroen van kleur met swart kolletjies op die liggaam. Die twee pektorale vinne is baie groot en lyk soos vlerke. Die rog word tot 1.5 m wyd - vlerkpunt tot vlerkpunt. Die dier is vivipaar en 4 - 7 kleintjies word op 'n keer gebore. Die rog is eetbaar en verskaf goeie kompetisie aan hengelaars.
Habitat Die arendrog verkies vlakkerige water soos strandmere om in te leef, maar is al op dieptes van 95 m gevang.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Myliobatis-aquila.html
Kategorie:Rôe