Die koester (Acanthistius sebastoides) is 'n vis wat endemies is aan Suid-Afrika en van Valsbaai tot by Durban voorkom.

Die kop en liggaam is gelerig bruin, amper geel en bedek met klein oranje spikkels. Verspreide bruin vlekke kom ook op die liggaam voor. Die stert- en analevinne is donkergrys.

Die vis word 35 cm groot en verkies rotsbodems in water wat 1 – 25 m diep is. In Engels staan die vis ook bekend as die Koester.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Acanthistius-sebastoides.html

Kategorie:Beenvisse