Die engelsman (Chrysoblephus anglicus) is 'n vis wat endemies is aan Suid-Afrika en voorkom van Algoabaai tot by Mosambiek. Die vis is silwerkleurig met 'n blou kol op die dorsale skubbe en 4 rooi vertikale strepe oor die liggaam. Die vis word 90 cm lank en weeg dan 7 kg. In Engels staan die vis ook bekend as Englishman.
Die vis kom in koraal- en rotsriwwe voor in water wat 15 – 120 m diep is. Dit is ook 'n gewilde eetvis.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Chrysoblephus-anglicus.html http://eol.org/pages/211651/overview
Kategorie:Beenvisse