Die Gestreepte knorder (Pomadasys striatus) is 'n vis wat voorkom aan die Suider-Afrikaanse suid - en ooskus vanaf Knysna tot by Beira. Die teenwoordigheid van die vis is nêrens elders in die wêreld aangeteken nie. Die vis word 22 cm lank. Die lyf is bruinerig met drie horisontale donker strepe oor die boonste helfte van die lyf. Die vis kom voor op rots- en koraalriwwe en word hoofsaaklik deur hengelaars as aas gebruik. In Engels staan die vis bekend as Striped grunter.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel Pomadasys striatus by Fishbase.
Kategorie:Beenvisse