Die gladde hamerkophaai (Sphyrna zygaena) kom voor in alle oseane in die wêreld, behalwe in tropiese water. In Suid-Afrika kom dit voor van St. Helenabaai tot by die Mosambiekse grens. Die haai kan tot 3,5 m groot word. Die kop is plat met die oë wat aan die kante sit van twee laterale uitgroeisels van die kop. Die haai is vivipaar en normaalweg word 29 - 50 klientjies gebore na 'n dratyd van 10-11 maande. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie. In Engels staan die vis bekend as die Smooth hammerhead.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Sphyrna-zygaena.html

Kategorie:Haaie