Die Bloukol-lintstertrog (Taeniura lymma) kom voor aan die ooskus van Suid-Afrika vanaf Durban. Die vis is grys-bruin tot olyf-groen met blou spikkels op die bokant van die lyf en vinne. Die rog word 90 cm oor die wydte van die vinne. Die rog hou van vlak, sandrige areas of naby koraalriwwe en is naglewend. In Engels staan die haai bekend as die Bluespotted ribbontailray.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Verwysings
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Taeniura-lymma.html
Kategorie:Rôe