Die Atlantiese bonito (Sarda sarda) is 'n seevis wat aan die weskus en suidkus van Suid-Afrika voorkom vanaf Namibië, om Kaappunt tot by Port Alfred. Die vis word tot 92 cm lank. Die boonste helfte van die lyf is blou met 5 - 10 strepe wat horisontaal oor die boonste helfte van die lyf gaan. Die onderste helfte is wit. Hulle eet skoolvisse, pylinkvis en garnale.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Sarda-sarda.html
Kategorie:Beenvisse