Die marlyne en seilvis (Istiophoridae) is 'n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Daar is 3 genera met minstens elf spesies in hierdie familie. Sewe van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
duimnael|links|Die witmarlyn, Tetrapturus albidus
Kenmerke Die familie se uitstaande kenmerk is die lang swaard wat aan die bolip vas is. Die liggaam is lank en die familie se grootte wissel van 2,3 - 4,5 m - die swaard ingesluit. Hulle vreet pelagiese vis, tjokka en skaaldiere en gebruik ook die swaard om die prooi dood te maak of te verlam. Die swaard word ook deur die familie vir selfverdediging gebruik.
Genera Die volgende genera kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Istiophorus Istiophorus albicans - Atlantiese seilvis Istiophorus plattypterus - Seilvis
Makaira Makaira indica - Swartmarlyn Makaira mazara - Pasifiese bloumarlyn Makaira nigricans - Bloumarlyn
Tetrapturus Tetrapturus audax - Gestreepte marlyn
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Kategorie:Beenvisse