Die Wangsakmuis (Saccostomus campestris) kom in feitlik die hele Suider-Afrika voor, uitsluitende die weskus van Suid-Afrika en Namibië. Die knaagdier het sy naam gekry weens die feit dat hy kos in sy wangsakke stoor om dit later in die veiligheid van sy nes te eet.

Voorkoms Die Wangsakmuis se kleur wissel van grys in die weste tot donkerder grysbruin in die ooste van die gebied waarin hy woon. Die keel en onderkant is wit. Die diertjie word tot 16cm lank en weeg ±45g.

Habitat en gewoontes Hulle woon in verskeie habitatte maar verkies sanderige grond om in te woon en is naglewend. Hulle eet grassade, forbe, struike, bessies en selde insekte. Daar word 2 - 10 kleintjies in die somer gebore.

Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes

Bron Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009.

Verwysings

Kategorie:Knaagdiere Kategorie:Soogdiere