Brants se fluitrot (Parotomys brantsii) kom in die weste van Suid-Afrika voor.
Voorkoms Die knaagdier se kleur is bleek geelbruin met 'n witterige onderkant. Die dier word tot 25cm lank en weeg ±120g.
Habitat en gewoontes Die diertjie verkies droë sanderige grond om in te bly en is soggens vroeg aktief. Hulle hou daarvan om in die son te sit en bak by die ingang van die gat. Die gatkompleks het twee of meer ingange. Daar word 1 - 3 kleintjies in die somer gebore. Die kleintjies klou aan die ma se tepels as sy loop. Die dier vreet die blare van vlesige plante, sade en blomme.
Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Bron Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009.
Kategorie:Knaagdiere