Die Egiptiese losstertvlermuis (Tadarida aegyptiaca) kom voor in die hele Suider-Afrika.
Voorkoms Die vlermuis is donker grysbruin met 'n donkerder kop maar sonder die ligter nekkraag van die ander losstertvlermuise. Die soogdier word tot 11 cm lank en weeg ±15g.
Habitat en gewoontes Hulle het verskeie habitats maar verkies meestal die oper gebiede. Hulle eet insekte wat in die vlug gevang word. Hulle rus gedurende die dag in kolonies in grotte, rotsskeure of hol boomstamme. Een kleintjie word in die somer gebore.
Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Verwysings
Bron Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009.
Kategorie:Vlermuise