Die Geoffroy-saalneusvlermuis (Rhinolophus clivosus) kom voor in Botswana en noordoos Namibië.

Voorkoms Die bokant van dié vlermuis is ligbruin en die onderkant lig geelgrys. Die soogdier word tot 9.7cm lank en weeg ±17g.

Habitat en gewoontes Hulle verkies die bosveld en halfwoestyn areas en hulle eet insekte. Bedags rus hulle in kolonies in rotsskeure en grotte waar hulle in groepe teen die dak hang. Hulle soek alleen kos. Een kleintjie word vroeg in die somer gebore.

Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes

Bron Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009.

Kategorie:Vlermuise