Die Sundevall-bladneusvlermuis (Hipposideros caffer) kom hoofsaaklik voor die oostelike dele van Suid-Afrika, Mosambiek, en sentraal-noord in Namibië.

Voorkoms Die kleur van die vlermuis wissel van grysbruin tot goudbruin. Die soogdier word tot 9cm lank en weeg ±8g.

Habitat en gewoontes Hulle verkies die Savanneboomveld. Bedags rus hulle in grotte en uitgrawings of hang aan plafonne onder dakke. Hulle eet insekte. Een kleintjie word vroeg in die somer gebore.

Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes

Verwysings

Bron Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009.

Kategorie:Vlermuise