Die piesangvlermuis (Afronycteris africanus) kom in die oostelike dele van Suid-Afrika, Botswana, Zimbabwe en die hele Mosambiek voor.

Voorkoms Die soogdier se kleur wissel van donkerbruin tot lig rooibruin. Die onderkant is ligter, meer grysbruin. Die diertjie word tot 8 cm lank en weeg ±4g. Sy mond is groot en die ore is driehoekig.

Habitat en gewoontes Hulle verkies vogtige boomveld met piesang- en strelitziabome. Klein kolonies rus bedags binne-in 'n opgerolde piesang- of strelitziablaar. Hulle eet insekte. Daar word 1 kleintjie vroeg in die somer gebore.

Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes

Bronnelys Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009.

Verwysings

Kategorie:Vlermuise