Die Grysklimmuis (Dendromus melanotis) kom in feitlik die hele Suid-Afrika voor, uitsluitende die sentrale Karooarea. Die knaagdier kom ook in Botswana, Zimbabwe en Mosambiek voor.
Voorkoms Die grysklimmuis is asvaal met 'n dowwe donker dorsale streep en 'n donker kol op die voorkop. Die diertjie word tot 15cm lank en weeg ±8g.
Habitat en gewoontes Hulle woon in lang gras en digte plantegroei en bou klein, balvormige neste van dun gras net bokant die grondvlak. Hulle eet grassade en insekte soos motte en krul hul lang sterte om grashalms om hul te stabiliseer wanneer hulle kos soek. Daar word 2 - 8 kleintjies in die somer gebore.
Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Bron Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009.
Kategorie:Knaagdiere