Die Angoni vleirot (Otomys angoniensis) kom in die noorde en ooste van Suid-Afrika voor asook in sentrale Zimbabwe.

Voorkoms Die knaagdier se kleur wissel van bleekbruin tot donkerbruin met 'n grys onderkant. Die dier word tot 30cm lank en weeg 100 - 250g. Die rot se stert is kort en die bokant is donkerder as die onderkant. Die ore is groot.

Habitat en gewoontes Hulle verkies nat vleie en moerasagtige gebiede langs riviere. Hulle bou hulle grasneste bokant die watervlak en maak voetpaadjies na hul weigebied. Daar word 1 - 4 kleintjies in die somer gebore. Die diertjie eet gras, riete en ander plante.

Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes

Bron Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009.

Kategorie:Knaagdiere Kategorie:Soogdiere