Die Bosveldse nagmuis (Tatera leucogaster) is 'n knaagdier wat in die noordelike dele van Suid-Afrika voor, insluitende Botswana, Zimbabwe en Namibië voorkom.
Voorkoms Die Bosveldse nagmuis se kleur wissel van oranjebruin tot rooibruin terwyl hulle ligter in die weste is. Die bokant van die stert is donker. Die knaagdier word tot 28 cm lank en weeg ± 70 g.
Habitat en gewoontes Hulle verkies sandgrond om in te woon en lewe in kolonies. Hulle is naglewend. Een paar grawe en beset gewoonlik 'n gat. Die ingang is gewoonlik onder 'n bos. Hulle eet grassade en insekte. Daar word 2 – 9 kleintjies in die somer gebore.
Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Bron Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009.
Kategorie:Knaagdiere