Die Demokratiese Republiek van Azerbeidjan (DRA) (Azerbeidjans: Azərbaycan Xalq Cümhuriyyəti) was die eerste demokratiese en sekulêre republiek in die Islamitiese wêreld. Dit het op 28 Mei 1918 ontstaan ná die verbrokkeling van die Transkaukasiese Demokratiese Federatiewe Republiek, en het tot op 28 April 1920 bestaan.
Een van die belangrikste besluite van die parlement was die invoering van vroulike stemreg. Die Demokratiese Republiek van Azerbeidjan was sodoende nie net die eerste merendeels Islamitiese staat waar vroue dieselfde politieke regte as mans verwerf het nie, maar ook een van die eerste state wêreldwyd.
Die huidige Republiek van Azerbeidjan beskou homself as regsopvolger van die DRA.
Geskiedenis Die DRA is gestig op 28 Mei 1918, ná die val van tsaristiese Rusland. Die land het in die noorde aan Rusland, in die ooste aan Armenië, en in die suide aan die Persiese Ryk gegrens. Gence het tydelik as hoofstad van die republiek gedien omdat Bakoe nog deur Bolsjewistiese troepe beset was. In 1920 is die DRA deur die Sowjetunie verower. Vir Wladimir Lenin was Azerbeidjan se olierykdom van strategiese belang.
Beelde
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geskiedenis van Azerbeidjan