Racheltjie de Beer is 'n Afrikaanse rolprent wat op 18 Oktober 2019 vrygestel is. Die regisseur is Matthys Boshoff en die Vervaardiger Johan Kruger. Die draaiboek is geskryf deur Brett Michael Innes en Matthys Boshoff. Die rolprent is die eerste keer tydens die Silwerskermfees te Kampsbaai vertoon. Stian Bam, wat die rol van Racheltjie se vader (Herman de Beer) speel, is met 'n Silwerskermtoekenning vir sy treffende vertolking vereer.https://maroelamedia.co.za/vermaak/flieks/video-lokprent-van-racheltjie-de-beer-rolprent-bekendgestel/ . Besoek en opgespoor op 27/08/2019 Chantel Carter het ook met 'n Silwerskermtoekenning weggestap vir beste produksie-ontwerp vir Die Verhaal van Racheltjie de Beer.

Die rolprent is vervaardig in die Oos-Vrystaat (Fouriesburg gebied).

Rolverdeling Herman de Beer - Stian Bam Racheltjie de Beer - Zonika de Vries Klein Racheltjie de Beer - Marli de Jager Jamie de Beer - Johannes Jordaan Marie de Beer - Beaté Opperman George Lundt - Marius Weyers Sara Lundt - Antoinette Louw Jacoba Lundt - Sandra Prinsloo Lazarus - Seputla Sebogodi Kingsley - Charlie Bouguenonhttps://www.litnet.co.za/ikoniese-verhaal-van-racheltjie-de-beer-tot-rolprent-verwerk/ Datum van gebruik: 2024/06/24

Storie Die rolprent vertel die aangrypende verhaal van die jong Afrikaner-meisie, Racheltjie de Beer in die Voortrekker-era wat een koue winternag haar lewe gegee het om haar boetie te red.

Sien ook Racheltjie de Beer Lys van Afrikaanse rolprente

Verwysings

Bronne

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente