Die lawaaimakerjanfrederik (Cossypha dichroa) is 'n voëlspesie in die Muscicapidae familie. Dit kom in Suid-Afrika en Eswatini voor.

Die spesie se natuurlike habitat is sub-tropiese of tropiese vogtige laeveld woude.

Hierdie is 'n groot janfrederik, omtrent 20 cm. Die lawaaimakerjanfrederik word onderskei deur die donker bo-gedeeltes (die oorflappe en lelie is effe donkerder as die res van die gesig, kop, nek en rug) en geel-oranje onder-gedeeltes. Dit het geen wit oogstreep nie. Onvolwasse voëls het 'n vuil, gevlekte rooibruin bo en onder die stert en is rooi-oranje met 'n donker senter.

Die lawaaimakerjanfrederik migreer van die binneland na die kuswoude in die winter.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings BirdLife International 2004. Cossypha dichroa . 2006 IUCN Red List of Threatened Species. Afgelaai op 25 Julie 2007.

Kategorie:Janfrederikke Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin