Francois Hougaard (gebore 6 April 1988) is 'n professionele Suid-Afrikaanse rugbyspeler. Hy speel hoofsaaklik as skrumskakel, maar het meer onlangs in 'n vleuel vir die Blou Bulle ontwikkel. Hy is in die Paarl in Suid-Afrika gebore en het op skool vir Paul Roos Gimnasium uitgedraf.
Sy eerste toer vir die Springbokke was na Frankryk, Italië, Ierland en Engeland in laat 2009 waar hy een toets teen Italië op 21 November 2009 en in twee toerwedstryde gespeel het. Sy span wen die Curriebeker in 2009 en die Superrugby-titel in 2011. Hy het tydens beide die eindstryde drieë vir sy span gedruk.
Tydens die 2011 Superrugbyseisoen het hy goed vertoon en as skrumskakel tydens Fourie du Preez se afwesigheid waargeneem, wat hom later 'n plek in die Springbokspan vir die 2011-wêreldbeker verseker het.
Eksterne skakels
Francois Hougaard by itsrugby.co.uk
Kategorie:Bulls rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1988 Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners Kategorie:Alumni van Paul Roos-gimnasium Kategorie:Olimpiese sewesrugbyspelers Kategorie:Alumni van die Universiteit Stellenbosch