Løkken is ‘n plek in die Deense Noord-Jutlandstreek aan die Noordsee. Dit het 1 558 inwoners (2011). Dit is ‘n ou vissersplek, maar is vandag ‘n gewilde strandplek. In die somer kom sowat 50 000 toeriste in die somerhuisies, hotelle en kampeerterreine ontspan. Løkken het tot 2007 tot die Løkken-Vrå-munisipaliteit behoort, maar daarna aan die Hjørringmunisipaliteit.

Kategorie:Nedersettings in Denemarke