200px Anja Rubik

Poolse fotomodel

Geboortedatum en -plek 12 Junie 1983 in Rzeszów, Pole

Grootte 1,79 m

Haarkleur Blond

Oë Blou

Kleremaat (VSA) 4; (EU) 36

Webtuiste anjarubik.com Anja Rubik, gebore as Anna Helena Rubik, is 'n Poolse foto- en loopplankmodel, aktivis, filantroop en sakevrou.

Vroeë lewe Anja Rubik het Pole met haar gesin in 1988 verlaat en vervolgens in Griekeland, Kanada en Umtata, Suid-Afrika gebly. Sy het aanvanklik in Częstochowa, Pole skoolgegaan en haar modelloopbaan as leerder van 'n Britse hoërskool in Parys, Frankryk begin. Hier het sy net gedurende die skoolvakansies as model gewerk.

Loopbaan Eers ná haar matriekeksamen het sy voltyds as model begin werk. Rubik het op die voorblaaie van 'n verskeidenheid internasionale glanstydskrifte verskyn, waaronder die Franse, Koreaanse, Latyn-Amerikaanse, Japanse, Spaanse, Australiese en Duitse uitgawes van Vogue, asook die Koreaanse en Franse uitgawes van Numéro, Nylon en Elle.

Sy het modelwerk vir modeontwerpers en -etikette soos Givenchy, Chloé, Christian Dior, Hermès, Valentino, Gucci, H&M, GAP, Lanvin, Balmain, Belstaff, Armani, Lacoste, DKNY, Barneys New York, Jimmy Choo, Estee Lauder, Roberto Cavalli en Chanel gedoen, en haute couture-mode van etikette soos Valentino, Chanel, Christian Lacroix en Elie Saab bekendgestel.

Privaat lewe Ná 'n langdurige verhouding het Anja Rubik kort voor Kersfees 2010 in Wene, Oostenryk aan die Serwiese fotomodel Sasha Knezevic verloof geraak. Die paar het op 16 Julie 2011 op die Spaanse eiland Mallorca getrou en bly tans in New York Stad.

Kategorie:Pole (nasionaliteit) Kategorie:Modelle Kategorie:Geboortes in 1983 Kategorie:Lewende mense