Rzeszów 280px Kaart Wapen 180px|center 50px|center Vlag 60px|center Land Woiwodskap 20px Subkarpate Koördinate Stigting (eerste verwysing) - Stadstatus 1354 Oppervlakte: - Totaal 126,57 vk km Hoogte bo seevlak 221 m Bevolking: - Totaal (31 Oktober 2019) 195 101 - Bevolkingsdigtheid 1 541/vk km - Metropolitaanse gebied 365 000 Tydsone MET (UTC +1) - Somertyd MEST (UTC +2) Klimaat - Tipe Kontinentaal-gematig - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 8,9 °C - Gem. temp. Januarie/Julie -3,3 / 18 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 508 mm Burgemeester Tadeusz Ferenc Amptelike Webwerf www.erzeszow.pl Rzeszów [ˈʐɛʂuf] is die administratiewe hoofstad van die Suidoos-Poolse woiwodskap Subkarpate (Podkarpackie).
Rzeszów is 'n universiteitstad wat aan weerskante van die Wisłokrivier in die hartland van die Sandomierska-vallei, tussen Krakow en die Pools-Oekraïense grenspos naby Przemyśl en langs die internasionale snelweg E 40 en die spoorweglyn tussen Lviv (Lemberg) en Krakow geleë is. Die stad word deur 'n internasionale lughawe bedien.
Die stad se ekonomiese stand as belangrikste nywerheidsentrum in Suidoos-Pole word al dekades lank deur die vliegtuigbedryf bepaal. Daarnaas speel voedselverwerking en farmaseutiese nywerhede 'n beduidende rol. Die ligging naby die Poolse Woudkarpate-berggebied en 'n goed ontwikkelde toeristiese infrastruktuur met talle aantreklikhede maak van Rzeszów 'n gewilde reisbestemming.
Bekende boorlinge Anja Rubik (* 1983), foto- en loopplankmodel, aktivis, filantroop en sakevrou
Bronnelys
Moshe Yaari-Wald (ed.), Sefer Zikkaron li-Kehillat Risha (Heb., some Yid. and Eng., 1967).
Kategorie:Nedersettings in Pole