Die Knysnaseeperdjie (Hippocampus capensis) is 'n visspesie in die familie Syngnathidae. Dit is endemies aan die suidkus van Suid-Afrika en kom net in vier riviermondings en strandmere aan die suidkus voor, naamlik Knysna, Keurboomsrivier, Swartvlei en Klein-Brakrivier. Die vis se bestaan word bedreig deur ontwikkeling en deur die klein bereik waarin dit voorkom, en dit is 'n beskermde spesie.Czembor, C. A. & E. M. Bell. 2012. Hippocampus capensis. In: IUCN 2012. IUCN Red List of Threatened Species. Version 2012.2. Downloaded on 27 May 2013. In Engels staan die vis bekend as die Knysna seahorse.

Beskrywing duimnael|links|'n Knysnaseeperdjie

Die Knysnaseeperdjie is 'n klein, delikate diertjie met 'n standaardlengte van tot 12 cm. Die vis se kleur word sterk beïnvloed deur die onmiddellike omgewing en die gemoedstoestand van die individuele dier. Dit wissel van vaalgroen tot bruin (dikwels met donkerder sproete) tot 'n persswart. Die lyf is omhul in 'n reeks benerige ringe, die snoet is betreklik kort, en die nek vorm 'n gladde boog sonder 'n kroon. Die gespierde stert word gebruik om 'n maat vas te gryp tydens hofmakery, of om die vis aan die bedding te anker.Hippocampus capensis FishBase. Retrieved 2011-08-27.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Bronne Genade, A.B. en A.L. Hirst: 'n Perdjie van 'n ander kleur. In: Custos. Tydskrif oor ons Natuur en Nasionale Parke. Deel 15, nr. 9, Desember 1986. ISSN 0379-9921 Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. . Gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. . First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst 1999.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Hippocampus-capensis.html

Kategorie:Beenvisse seeperdjie